News24

Zuma: Armoede 'n konstante uitdaging

2011-03-18 11:48
Pretoria. – Die ernstige uitdagings van werkloosheid en armoede bly “konstante” uitdagings in Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.

Ongeag die lang tydperke van groei wat Suid-Afrika in die afgelope paar jaar ervaar het, was dit nie genoeg gewees om werk te skep nie, het Zuma gesê.

“Ons moet ’n oplossing vind,” het hy gesê.

“Ons glo in ’n gemengde ekonomie op beleidsvlak,” het Zuma gesê, en bygevoeg dat dit deur samewerking tussen besigheid, arbeid, regering en die samelewing gekaraktiseer word.

Die mees “effektiewe wapen” in die stryd teen armoede is die skepping van behoorlike werk, wat “vinniger ekonomiese groei” verg.

Hoewel ekonomiese groei verbeter, is die plaaslike herstel stadig ten opsigte van internasionale standaarde, het Zuma gesê.

Suid-Afrika het in 2010 met 2,8% gegroei en daar word voorspel dat dit met 3,5% in 2011 gaan groei.

Zuma het gesê die regering is besig om die beleid te verbeter om dit te vergemaklik om sake in die land te doen en hy is ook gretig om voorstelle te hoor oor wat hy anders kan doen.

Die regering het 2011 verklaar as die jaar vir werkskepping.

Zuma het ook ’n beroep gedoen op plaaslike besighede om voordeel te trek uit Suid-Afrika se lidmaatskap tot die Bric-lande. Suid-Afrika sluit amptelik in April by dié groep aan. – I-Net Bridge