Share

Aanlyn bemarking ‘hoef nie duur te wees nie’

Johannesburg. - Lok, bekeer en behou.

Dít is die strategie wat ondernemings moet volg om te verseker dat verbruikers hul webwerf besoek, later terugkeer en uiteindelik sake na die onderneming bring.

Só sê mnr. Rob Stokes, uitvoerende hoof en stigter van Quirk, ’n internetbemarkingsmaatskappy.

Stokes was een van die gaste van ENB Biznetwork se entrepreneursgeleenthede wat landwyd uitgesaai word.

Stokes sê dit is belangrik vir ondernemings, ook dié in die toerismesektor, om deurlopend met hul klante in verbinding te wees.

“Aanlyn bemarking is kritiek in die toerismebedryf – Google-advertensies en soektogte, webwerfinligting en -ontwerp en e-pos-nuusbriewe is ’n regstreekse en goedkoop manier om jou teikenmark te bereik,” sê Stokes.

Hy beklemtoon dat ’n persoon wat Google vir navorsing inspan doelgerig is, weet waarna hy of sy soek en gewoonlik kliek op die skakels wat ná die soektog boaan die resultatelys staan.

Ondernemings kan betaal om as ’n geborgde skakel boaan die lys te staan of deur hul webwerf-aanbieding te verbeter ’n hoër posisie op die Google-rang­lys beklee, sê hy.

Stokes sê ’n goeie webwerf beantwoord verbruikers se vrae.

Klein sakeondernemings wil dikwels hê mense moet op die skakel na hul webwerf kliek, maar doen nie genoeg om te verseker dat die inhoud van die webwerf aan die verbruiker se behoeftes voldoen nie, sê hy.

Stokes sê dit is nie nodig om duisende rande aan ’n webwerf te bestee nie – daar is verskeie aanlyn inisiatiewe wat kan help om dit goedkoop saam te stel. Fokus op goeie inhoud, is sy raad.

Hy sê ’n goeie e-pos-nuusbrief is die ideale manier om jou bemarkingstrategie uit te brei.

“Verbruikers sal dikwels belang stel in jou handelsnaam, maar gaan nie noodwendig terugkeer (na die webwerf) nie,” sê hy.

’n E-pos-nuusbrief skep die geleentheid om verbruikers bewus te maak van jou handelsnaam.

Wanneer die verbruiker dan in die toekoms gereed is om iets te koop, sal hy jou handelsnaam onthou en terugkeer na jou onderneming, sê hy.

Hy meen mondelinge bemarking moet ook nie onderskat word nie. Ons vertrou mense soos onsself, sê Stokes.

“Webwerwe soos TripAdvisor is ’n bewys van die krag van die internet uit ’n reisperspektief.

“’n Enorme 80% van reisigers vertel aanlyn van hul ondervindinge en verskaf daarmee ’n konstante mondelinge verwysingspunt waarop toekomstige toeriste hul besluite kan grond.

“Lui of swak bestuurde instellings sal gou ontmasker word in die wêreldwye web waar daar nie wegkruipplek is nie,” sê hy.

Hy verwag dat Google-soektogte na verblyf en reisgeleenthede in Suid-Afrika hoog sal bly ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

“Maar as Suid-Afrikaanse hotelle, gastehuise en toeriste-attraksies hulself nie bemark nie, sal die geleentheid verlore gaan,” sê Stokes.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Rand - Dollar
19.24
-0.4%
Rand - Pound
23.91
-0.3%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
948.80
-0.2%
Palladium
1,026.50
-0.3%
Gold
2,383.55
+0.2%
Silver
28.23
+0.0%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
0.0%
All Share
73,271
0.0%
Resource 10
63,297
0.0%
Industrial 25
98,419
0.0%
Financial 15
15,480
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Company Snapshot
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE
Government tenders

Find public sector tender opportunities in South Africa here.

Government tenders
This portal provides access to information on all tenders made by all public sector organisations in all spheres of government.
Browse tenders